Ek Wens Ek Was

Ek wens ek was ‘n nagtegaal sou jy dit in my lied kon hoor
Die klanke van ‘n liefdeslied wat harte so bekoor
Ek wens ek was die oggenduur met die voëls wat helder fluit
En na die son se opkoms tuur sing my liefdeswoorde uit

Maar ek’s maar net die woorde
In my lied
Die klanke op papier, die traan in my verdriet
Maar ek’s maar net die luide simbaal en net die woorde
In my verhaal

Ek wens ek was die oggendson, jy die water in die stroom
Sou ek al jou druppels neem en nooit van jou vervreem
Ek wens ek was die awendster en jy die groot woestyn
Sou ek jou elke duim verlig met strale soos vonkelwyn

Maar ek’s maar net die woorde
In my lied
Die klanke op papier, die traan in my verdriet
Maar ek’s maar net die luide simbaal en net die woorde
In my verhaal

Maar ek’s maar net die luide simbaal en net die woorde
In my verhaal

Curiosités sur la chanson Ek Wens Ek Was de Laurika Rauch

Quand la chanson “Ek Wens Ek Was” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
La chanson Ek Wens Ek Was a été lancée en 1983, sur l’album “Jy is te dierbaar”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music