Halfpad Om Die Son

Sing vir my ’n liedjie van die lente
Sing vir my ’n liedjie van die herfs
Jy’t vir my gesê jy wil my liefde hê, tot nou toe het ek nie so ver gedroom nie
Tot nou toe het ek nie so ver gedroom nie

Ek bring vir jou ’n liedjie van die lente
Ek bring vir jou die liedjie van die herfs
Die skrif daar teen die muur is al lankal hier, tot nou toe het ons nie so ver gelees nie
Tot nou toe het ons nie so ver gelees nie

Want die liefde is nie altyd baie haastig nie en die aarde draai so stadig om die son
Maar as die lente kom, kan dit jou verstom met die aarde alweer halfpad om die son

Ek sing vir jou die liedjie van my drome
Ek gee vir jou die sleutel van my hart
Die woorde wat ons hoor klink anders in ’n koor, tot nou toe het ek nie met jou gesing nie
Tot nou toe het ek nie met jou gesing nie

Want die liefde is nie altyd baie haastig nie en die aarde draai so stadig om die son
En as die liefde kom, kan dit jou verstom met die aarde alweer halfpad om die son

So sing vir my ’n liedjie van die lente
Sing vir my ‘n liedjie van die herfs
Jy’t vir my gesê jy wil my liefde hê, tot nou toe het ek nie so ver gedroom nie
Tot nou toe het ek nie so ver gedroom nie

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music