Hulle Sê

Hulle sê
Dinge het weer skeef geloop
Maar nou
Nou is dit tyd om te koop
Dit is dalk waar, het die mense om my verklaar
Die mense op die bus dra kennis van die liefde, die rentkoers en tennis

Hulle sê
Vir iemand hier agter my
Jy’t ’n jaar
’n Jaar laas saam gery
Ja, sê hy kwaad, ons het mense, mense gehad
Die busbestuurder verwys ook later na bloed wat dikker is as water

Hulle sê
Die son, ja, die son sal weer skyn
En die hart
Nee, die hart vergeet al die pyn
Dit is dalk waar, het die meisie langs my verklaar
Sy sê dat alles beter sou smaak as haar man net weer op haar verlief sou raak

Hulle sê
Soms kom die einde te gou
Dis net
Net soos die oggenddou
Dit is dalk waar, het die mense om my verklaaar
Maar nou is dit tyd om aan te hou, al is die liefde net soos die oggendou

Dit is dalk waar, het die mense om my verklaaar
Maar nou is dit tyd om aan te hou, al is die liefde net soos die oggendou, al is die liefde net soos die oggendou

Curiosités sur la chanson Hulle Sê de Laurika Rauch

Quand la chanson “Hulle Sê” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
La chanson Hulle Sê a été lancée en 1999, sur l’album “Die Mense Op Die Bus”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music