Jakarandas Bloei

Jakarandas bloei die lug is pers, skryf vir my ‘n skemervers
Vertel vir my die wêreld is grou dan wys ek jou op die môredou

Want elke dag het ‘n skatkis vol as doukristalle op ‘n kelkblaar stol
Gaan kyk na die wêreld van naderby, gaan kyk vir ‘n slag wat jy daaruit kry
Ja, kyk ‘n slag weer mooi na die wonderpers oor die aarde rondgestrooi

Dis lentetyd die lug word blou, laat die aandlug jou help om die mooi te onthou
Vergeet nou eers van werk wat wag, maak jou oë oop en sien hoe ek lag

Want elke dag het ‘n skatkis vol as doukristalle op ‘n kelkblaar stol
Gaan kyk na die wêreld van naderby, gaan kyk vir ‘n slag wat jy daaruit kry
Ja, kyk ‘n slag weer mooi na die wonderpers oor die aarde rondgestrooi

Dink aan die voëltjies wat nessies bou, die vrolike roep van ‘n Piet-my-vrou
Sien ook die mense vir wat hulle is, sien dat hul mooi is, sien in hul die lig

Dink aan die strate wat blink in die reën, bome en gras alles groen om jou heen
Sien dan die son wat op ‘n doudruppel rus, erken dis genade, erken dat dit wonders is

Jakarandas bloei, die lug is pers, skryf vir my ‘n skemervers
Vertel vir my die wêreld is grou dan wys ek jou op die môredou

Want elke dag het ‘n skatkis vol as doukristalle op ‘n kelkblaar stol
Gaan kyk na die wêreld van naderby, gaan kyk vir ‘n slag wat jy daaruit kry
Ja, kyk ‘n slag weer mooi na die wonderpers oor die aarde rondgestrooi

Ja, kyk ‘n slag weer mooi na die wonderpers oor die aarde rondgestrooi

Curiosités sur la chanson Jakarandas Bloei de Laurika Rauch

Sur quels albums la chanson “Jakarandas Bloei” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
Laurika Rauch a lancé la chanson sur les albums “Encore! Laurika” en 1988 et “Grootste Treffers, Volume II” en 1996.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music