Jy Kan My Kom Haal

Wat kan ek sê, daar’s ‘n knop in my keel
Wat kan ek skryf in die volgende reël
O, wat kan ek sê, ek is klaar gepraat
Waar gaan ek heen, dis ‘n doodloopstraat

Waar is die vlam, dis ‘n pikswart pad
Waar is die lig, dis ‘n duistere gat
O, wie kan my red as die donker daal
Wie is die een wat vir my kom haal

Ek lees die koerant, dis net moord en roof
Ek luister die nuus, maar ek hou my doof
Ek sit voor die kassie dis ‘n groot lawaai
Vat my liewer op ‘n Kaapse draai

Gee my die wind, gee my die son
Gee my die reën as die winter kom
O, gee my die vlaktes in die ou Transvaal
Gee my jou liefde as die donker daal

Ek mis jou lag as ek grappies maak
Ek mis jou oë wat aan die hemel raak
Ek mis die lig in jou donker stem
Dit voel of ek jou al ‘n leeftyd ken

Want jy is die vlam op ‘n pikswart pad
Jy is die lig in ’n duistere gat
O, jy kan my red as die donker daal
Jy is die een wat vir my kom haal

Jy kan my kom haal (Jy kom haal)
Jy kan my kom haal (Jy kom haal)
Jy kan my kom haal (Jy kom haal)
Jy kan my kom haal (Jy kom haal)

Jy kan my kom haal (Jy kom haal)
Jy kan my kom haal (Jy kom haal)
Jy kan my kom haal (Jy kom haal)
Jy kan my kom haal (Jy kom haal)

Jy kan my kom haal (Jy kom haal)
Jy kan my kom haal (Jy kom haal)
Jy kan my kom haal (Jy kom haal)
Jy kan my kom haal (Jy kom haal)

Jy kan my kom haal (Jy kom haal)
Jy kan my kom haal (Jy kom haal)
Jy kan my kom haal (Jy kom haal)
Jy kan my kom haal

Curiosités sur la chanson Jy Kan My Kom Haal de Laurika Rauch

Quand la chanson “Jy Kan My Kom Haal” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
La chanson Jy Kan My Kom Haal a été lancée en 2007, sur l’album “’n Lekker Verlang Liedjie”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music