Krisjan Swart

Bokant die stasie daar woon Krisjan Swart
Tussen die spoorweg ennie nasionale pad, op die muur van sy stoep hang die horings van ’n bok
In sy agterplaas groei ’n perskeboom langs ’n groot ou duiwehok
Op daai duiwe is hy trots, hulle maak sy hart so bly want die silwer bekers op sy pelmet staan so in ’n ry

Ja, hy is Krisjan Swart, hy’s wyd en syd geken vir sy duiwe wat so vinnig vlieg en pryse vir hom wen

Nou, Krisjan se vrou is lekker rond en vet in haar hare dra sy curlers, in haar mond ’n sigaret
Pantoffels aan haar voete, kook sy moskonfyt, met haar een oog op die tuinjong wat die agterplaas natspuit
Op daai vrou is hy so trots, sy maak sy hart so bly al is sy nie jonk nie kan sy nog lekker vry

Ja, sy is Wilmina Swart, hulle ken haar wyd en syd vir haar melktert en mosbolletjies, haar beroemde boerbeskuit

Nou, Krisjan se dogter's met ’n prokureur getrou
En hy’t vir haar ’n groot wit huis in Riebeeckpark gebou
Die kaggel in die sitkamer is mooi met klip versier en ’n skildery van die Tafelberg hang ook daar teen die muur
Op daai dogter is hy trots, sy maak sy hart so bly al is sy nie mooi nie het sy haar man gekry

Ja, sy is Johanna Swart, sy's die vrou van die prokureur en haar lippies en haar vingernaels is dieselfde bloedrooi kleur

Nou, Krisjan se seun is lekker fris gebou
Maar sy stem is ’n bietjie hoog en sy broek is ’n bietjie nou
Sy hare dra hy lank en hy speel ook die kitaar
Krisjan vra sy vrou, waar kom die seun vandaan
Op daai seun is hy nie trots nie, hy maak sy hart so seer, kan ek tog sy pa wees wil Krisjan redeneer

Ja, hy is Krisjan Swart, hy’t ook sy pa se naam, maar sy hare en sy kitaar speel die maak sy pa so skaam

O, bokant die stasie daar woon die Swart gesin
Krisjan drink net brannewyn, Wilmina drink net gin
Hulle sit daar op die stoep in die skemerlig so flou
Hulle kyk hoe vlieg die dui'e, sirkels teen die blou

Hulle sit daar op die stoep in die skemerlig so flou
Hulle kyk hoe vlieg die duiwe, sirkels teen die blou

Sirkels teen die blou

Curiosités sur la chanson Krisjan Swart de Laurika Rauch

Quand la chanson “Krisjan Swart” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
La chanson Krisjan Swart a été lancée en 2002, sur l’album “Vier Seisoene Kind”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music