Los En Vas

Effens skaam en deurmekaar staan die liefde voor jou deur
Kom sê net gou vir jou hallo en hy klop nie altyd baie hard nie
Hy skuif sy voete heen en weer en jy’s ook deurmekaar
Soek hy ’n plek om in te trek soos in die leë kamers van jou hart

Hier kom die liefde, daar gaan hy weer (Hier kom die liefde, daar gaan hy weer)
Maak jy my bly of maak jy my seer (Maak jy my seer)
Wat het jy daar, diep in jou tas, speel jy nog los, nog los en vas

Skuif jou voete heen en weer, die hemel is so blou
Jy kan ’n bietjie teëstand bied maar hy wil jou in sy arms hou
As jy jou kom kry is Maart al Mei, die liefde het oorheers
Hy’s ingetrek en uitgestrek in die breë kamers van jou hart

Hier kom die liefde, daar gaan hy weer (Hier kom die liefde, daar gaan hy weer)
Maak jy my bly of maak jy my seer (Maak jy my seer)
Wat het jy daar, diep in jou tas, speel jy nog los, nog los en vas

Onverwags een winternag pak die liefde weer sy tas
Kom sê net gou vir jou tot siens maar hy sê hy wil nog vriende bly
As jy jou kom kry is als verby, jy staar net in die spieël
Dis donker in die voorportaal en in die leë kamers van jou siel

Hier kom die liefde, daar gaan hy weer (Hier kom die liefde, daar gaan hy weer)
Maak jy my bly of maak jy my seer (Maak jy my seer)
Wat het jy daar, diep in jou tas, speel jy nog los, nog los en vas

Whoa, Hier kom die liefde, daar gaan hy weer (Hier kom die liefde, daar gaan hy weer)
Maak jy my bly of maak jy my seer (Maak jy my seer)
Wat het jy daar, diep in jou tas, speel jy nog los, nog los en vas (Speel jy nog los)

(Speel jy nog los, los en vas)
(Speel jy nog los en vas)

Curiosités sur la chanson Los En Vas de Laurika Rauch

Quand la chanson “Los En Vas” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
La chanson Los En Vas a été lancée en 2014, sur l’album “Wals, Wals Willemien”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music