Maans Danster

Sy naam is Maans Danster, hy kom van baie, baie ver in die wêreld
Hy dans waar hy gaan en hy dans waar hy staan en jy stem seker saam, hy’s ‘n lekker kêrel
En baie van die mense dink hy is ‘n bietjie aan die dom kant maar glo vir my hy’s eintlik slim
Want hy gaan sy gang en hy dans sy dans en ey vat sy kans waar hy kan
Hy swaai nou hier en dan draai hy daar en hy dans jou gans deurmekaar

Maans het allerhande wonderlike dinge op sy waentjie
Daar’s snuisterye en daar’s snoeperye en dit bly vir my ‘n gawe karavaantjie
Die mense sê hy is al twintig jaar, jaar vir jaar klokslag daar
Hy smous verweel en dit kos nie veel nie, hy maak ook heel waar hy kan
Daar’s paprika, lap vir Afrika, hy verkoop ook twak by die span

Maans het allerhande wonderlike dinge op sy waentjie
Maans het allerhande wonderlike dinge op sy waentjie

Die ouer mense sê, die ou is maar ‘n effe aan die dom kant maar dit lyk of hy die lewe ken
Want hy gaan sy gang en hy dans sy dans en hy vat sy kans waar hy kan
Hy sing sy lied sommer puur verniet en hy speel verdriet na die maan
Hy swaai nou hier en dan draai hy daar en hy dans jou gans deurmekaar (Maans het allerhande wonderlike dinge op sy waentjie)

Sy naam is Maans Danster, hy kom van baie, baie ver in die wêreld
Sy naam is Maans Danster, hy kom van baie, baie ver in die wêreld
Sy naam is Maans Danster, hy kom van baie, baie ver in die wêreld

Curiosités sur la chanson Maans Danster de Laurika Rauch

Sur quels albums la chanson “Maans Danster” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
Laurika Rauch a lancé la chanson sur les albums “Encore! Laurika” en 1988 et “Grootste Treffers, Volume II” en 1996.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music