Nuwe Aarde

Kyk hoe die vleiland van die mooiste Kaap vergaan
Daar waar die waterblomme staan
Nagmuis en sandslang leef in ingevoerde gras langs paaie waar daar lappe fynbos was

As dit net voorspellings is, glo ons dis nie waar
En met al ons foute kan die natuur homself bewaar (Bewaar)
Ons kan elke ramp oorleef, ons denke maak ons vry
Eendag sal ons iewers weer ‘n nuwe aarde kry

Sit maar die vullis uit, die lorries neem dit weg
Sproei kieme dood, suiwer die lug
Kap uit die bome wat jou uitsig so bederf
Jy is mos baas op hierdie erf

As dit net voorspellings is, glo ons dis nie waar
En met al ons foute kan die natuur homself bewaar
Ons kan elke ramp oorleef, ons denke maak ons vry
Eendag sal ons iewers weer ‘n nuwe aarde kry

Renoster, olifant en luiperd sal oorleef
Rooivlerk en swael sal weer sweef
Ons kry ons reën op tyd, die son skyn oor ons land
Die son wat al hoe feller begin brand

As dit net voorspellings is, glo ons dis nie waar (Glo ons dis nie waar)
En met al ons foute kan die natuur homself bewaar
Ons kan elke ramp oorleef, ons denke maak ons vry (Ons kan elke ramp oorleef)
Eendag sal ons iewers weer ‘n nuwe aarde kry

(As dit net voorspellings is) Glo ons dis nie waar (Glo ons dis nie waar)
En met al ons foute kan die natuur homself bewaar
Ons kan elke ramp oorleef, ons denke maak ons vry (Ons kan elke ramp oorleef)
Eendag sal ons iewers weer ‘n nuwe aarde kry

Curiosités sur la chanson Nuwe Aarde de Laurika Rauch

Quand la chanson “Nuwe Aarde” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
La chanson Nuwe Aarde a été lancée en 1992, sur l’album “Die Gang”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music