Ou Swart Kitaar

Die klank wat jy voortbring vertel van verlange en drome
Van eind’lose wag en hoop dit word eendag waar
Intussen bly jy net dieselfde, tyd doen jou geen skade
En as ek eensaam voel hoef ek net te vat en jy’s daar

En ek is lief vir jou ou swart kitaar
Jy spreek my toe in klank en wat jy sê is waar
Geheime kan ek maar aan jou toevertrou
Jy stel my nooit teleur nie
Ek is lief vir jou

Onthou jy hoe triestig ons twee was toe hy ons verlaat het
Hoe ek op jou skouer gehuil het uur na uur
Die soet van jou klanke wat my heeltyd saggies getroos het
Het my somtyds laat glimlag en altyd was jy maar hier

En ek is lief vir jou ou swart kitaar
Jy spreek my toe in klank en wat jy sê is waar
Geheime kan ek maar aan jou toevertrou
Jy stel my nooit teleur nie
Ek is lief vir jou

En ek is lief vir jou ou swart kitaar
Jy spreek my toe in klank en wat jy sê is waar
Geheime kan ek maar aan jou toevertrou
Jy stel my nooit teleur nie
Ek is lief vir jou

Jy stel my nooit teleur nie
Ek is lief vir jou

Curiosités sur la chanson Ou Swart Kitaar de Laurika Rauch

Quand la chanson “Ou Swart Kitaar” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
La chanson Ou Swart Kitaar a été lancée en 1983, sur l’album “Jy is te dierbaar”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music