Septemberland

Nêrens was Septemberland al ooit so mooi gewees
Soos hierdie dorre akkerrand se wildevygiefees
En nêrens lê die pad so lank waar soutslaai in September rank
Waar madeliefies koppies swaai by middaglui se windpomp draai

Vir jou nie die lower van bergland se wei
Vir jou nie die tower van varings en vlei
Vir jou gee ek yster en dorsland se vaal
Vir jou gee ek kliprand en yl bossies kaal
Die soet van die aandblom en blou diamant
Vir jou gee ek pag oor Namakwaland

En soms dink ek die Heer het self die bedding afgesteek
En toe het Hy met milde hand die reënboog oopgebreek
Raak Hy sy kind wat bakhand kyk na witkopwolk wat nimmer wyk
En fluister Hy met oostewind die akker is vir jou my kind

Vir jou nie die lower van bergland se wei
Vir jou nie die tower van varings en vlei
Vir jou gee ek yster en dorsland se vaal
Vir jou gee ek kliprand en yl bossies kaal
Die soet van die aandblom en blou diamant
Vir jou gee ek pag oor Namakwaland

Vir jou nie die lower van bergland se wei
Vir jou nie die tower van varings en vlei
Vir jou gee ek yster en dorsland se vaal
Vir jou gee ek kliprand en yl bossies kaal
Die soet van die aandblom en blou diamant
Vir jou gee ek pag oor Namakwaland

Curiosités sur la chanson Septemberland de Laurika Rauch

Quand la chanson “Septemberland” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
La chanson Septemberland a été lancée en 2011, sur l’album “Stuur Groete aan Mannetjies Roux”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music