Skoppensboer
‘n Druppel gal is in die soetste wyn, 'n traan is op elk’ vrolik snaar
In elke lag, ‘n sug van pyn, in elke roos ‘n dowwe blaar
Die een wat deur die nag
Ons pret beloer en laaste lag is Skoppensboer, is Skoppensboer
Gewis en seker is die woord, die skatte wat ons opvergaar
Ondanks die sterkste slot en koord word net vir mot en roes bewaar
Net pagters ons van stof en dons om oor te voer aan Skoppensboer
Aan Skoppensboer, aan Skoppensboer
Gewis is alles net ‘n grap, ons speel in die komedie mee
Geblinddoek met ‘n lanfer-lap wat selfs die son ‘n skadu gee
Wat treur ons tog, viool en fluit maak nog geluid en lank die nag
Wat voorlê nog, voorlê nog
Maar Skoppensboer, maar Skoppensboer al kan ons nooit volmaaktheid raak
Nog blink die oog en gloei die huid wat heel die winter blomtyd maak
Dus onverleë, lag ons maar mee met elke toer van Skoppensboer
Van Skoppensboer, van Skoppensboer
(Skoppensboer)
(Skoppensboer)
(Skoppensboer)
(Skoppensboer)
(Skoppensboer)
(Skoppensboer)
(Skoppensboer)
(Skoppensboer)