Victoriabaai

Kyk hoe sluit die son die hemel oop
Kyk hoe wyk die nag voor die dag
Kyk hoe word die see in goud gedoop
Kyk hoe bloos die strand vol van hoop

Gedagtes vat my soos 'n kolk wat draai
Deur die newels na Victoriabaai
Waar die branders in die skuim rond waai
Styg my hart tot waar die seemeeu draai

Ai-ai ai-ai ai-ai ai, ai ek wens ek was nou daar
Ai-ai ai-ai ai-ai ai, op my kliptroon by Victoriabaai

Daar kan ek nog soms my siel oop knoop
Daar verdwyn die nag en word dit dag
Daar kan ek my kop van kommer stroop
Op my rots my troon vind ek hoop

Ai-ai ai-ai ai-ai ai, ai ek wens ek was nou daar
Ai-ai ai-ai ai-ai ai, op my kliptroon by Victoriabaai

Ai-ai ai-ai ai-ai ai, ai ek wens ek was nou daar
Ai-ai ai-ai ai-ai ai, op my kliptroon by Victoriabaai

Op my kliptroon by Victoriabaai
Op my kliptroon by Victoriabaai

Curiosités sur la chanson Victoriabaai de Laurika Rauch

Quand la chanson “Victoriabaai” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
La chanson Victoriabaai a été lancée en 2002, sur l’album “Vier Seisoene Kind”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music