Wintersprokie
‘n Winter herhaal hom na ses, sewe jaar
‘n Wysie wat spook op ‘n stokoue snaar
Jy probeer dit verduidelik, probeer dit besweer en jy dink jy verstaan dit
Wel, die dinge gebeur
Die wind van die berg aflaat die dakplate kreun
Vieruur in die more in die triestige reën
So maak ons liefde, so leef ons weer en dan neem ons afskeid
Afskeid vir die volgende keer
Ek wens ek was by jou, daar waar jy nou bly
Maar nou ja, jy’s so ver en die tyd vlieg verby
Vertel my van liefde, ek leer soos ‘n kind want my hart is deur die jare
Deur jare se kalklig verblind (break)
Soms so onseker, soms selfvoldaan
Liefde weet beter, die hart sal verstaan