Here U is my Lighuis
Waar is die anker as storms my slaan?
Waar is die lighuis net voor ek vergaan?
Waar is die hand wat sal uitstrek na jou?
Waar is die rots wat my voet stewig hou?
Kyk op na die berge my hulp kom van bo
Ek weet dit vir seker en dis wat ek glo
Here U is my lighuis
U is die son en die maan en die asem wat leef binne my
Here U is my lighuis
U is my krag maak my sterk elke dag wat my dra deur die nag
Wat my dra deur die nag
U is daar elke dag
Op U sal ek wag
Daar waar die lewe ons druk in ‘n hoek
Moet ons dan altyd na veiligheid soek
Voel jy dalk bang of verward of net seer?
Wie is dan daar om jou val te kan keer?
Kyk op na die hemel Hy is in beheer
My lig in die duister my Koning regeer
Here U is my lighuis
U is die son en die maan en die asem wat leef binne my
Here U is my lighuis
U is my krag maak my sterk elke dag wat my dra deur die nag
Wat my dra deur die nag
U is daar elke dag
Op U sal ek wag
Soos ‘n arend sal Hy my op lig
Uit die storms saam neem op Sy vlug
Deur gebed het Sy liefde my kom red
In die donker as die sterre kom
Verhelder Hy die horison en ek weet
Hy sal my nooit vergeet