Kan Ons Dan Nie
Ek ken die lewe
Se swaar en se seerkry
Ek weet van hartseer
Om in wanhoop te leef
Die storms woed buite
En die donderweer dreun
Teen die vrae in my binneste
Kan ons dan nie?
Ek kyk na die berge
Riviere valleie
Die sonskyn so helder
‘n Nuwe dag het ontwaak
Daar is tekens van lewe
‘n Wêreld vol vrede
Maar ek bly steeds wonder
Hoekom kan ons dan nie?
Kan ons dan nie?
Kan ons dan nie?
Ek’s lief vir jou
En jy’s lief vir my
Kan ons dan nie?
Kan ons dan nie?
Mekaar weer laat lewe vergeet en vergewe
Kan ons dan nie?
Ek het gedroom
Van ‘n leeu en ‘n lam
Wat saam in vrede
Bymekaar lê
Ek het gewens dit kon aanhou
En die dagbreek gevrees
Geweet ek gaan wonder
Hemel hoekom dan nie?
Kan ons dan nie?
Kan ons dan nie?
Ek’s lief vir jou
En jy’s lief vir my
Kan ons dan nie?
Kan ons dan nie?
Mekaar weer laat lewe vergeet en vergewe
Kan ons dan nie?
Mekaar weer laat lewe vergeet en vergewe
Kan ons dan nie?