Vra My Nie

Tafels is gedek die kerse brand
Laaste strale val oor die straat
Geruite doeke in die wind
Liggies vonkel aan ‘n string
Die see wat sag die aandlied sing

Jy het my gevra dat ek hier wag
By ons tafel soos daai eerste dag
My hartklop voel bar in my keel
Wonder wat jy met my wil deel?
Ek draai my hart weg van die see

Vra my nie om jou ooit te vergeet nie
Om my liefde ooit te moet verberg nie
Dis teveel vir my dit is te seer
Dit is teveel om te vra dat ek alles net weg moet gee

Vra my nooit om nie aan jou te dink nie
Om my drome sag en stil te droom
Dit sou dalk veel beter vir my wees
Om jou dalk nooit te kon leer ken
Vra my nie om jou te laat gaan

Ek sien mense kom en mense gaan
En skielik jy wat voor my staan
Jy slaan jou arms om my lyf
Druk jou lippe teen aan my
En fluister liefling ek’s hier om te bly

Vra my nie om jou ooit te vergeet nie
Om my liefde ooit te moet verberg nie
Dis teveel vir my dit is te seer
Dit is teveel om te vra dat ek alles net weg moet gee

Vra my nooit om nie aan jou te dink nie
Om my drome sag en stil te droom
Dit sou dalk veel beter vir my wees
Om jou dalk nooit te kon leer ken
Vra my nie om jou te laat gaan

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Manie Jackson

Autres artistes de Schlager music