As

As ek elke hart bekoor het, as ek alles dalk verloor het
Sal ek steeds kan sê dit was die moeite werd
Sal ek vrede in my hart hê, in my bed sonder verwyt lê
Sal die wonder van wat as my wakker hou?
Maar as, as is verbrande hout

Want as is klaar verby en wat jy daar sal kry
Is vrae sonder antwoorde, alles in as
Want as is klaar verby en wat jy daar sal kry
Is ‘n lied sonder akkoorde, alles in as

As ek met jou kon praat en iets by jou kon laat
Sou ek sê dat dit wat was, is alles as
Dat al wat tel is nou die toekoms wat jy bou
Sal bepaal of jy vergeet van al die as

Want as is klaar verby en wat jy daar sal kry
Is vrae sonder antwoorde, alles in as
Want as is klaar verby en wat jy daar sal kry
Is ‘n lied sonder akkoorde, alles in as

Ek het lankal geleer
Die pad van spuit maak seer
Maar daar's lesse te leer as jy val probeer jy weer
En dis alles ‘n legkaart van as

Want as is klaar verby en wat jy daar sal kry
Is vrae sonder antwoorde, alles in as
Want as is klaar verby en wat jy daar sal kry
Is ‘n lied sonder akoorde, alles in as
Is ‘n lied sonder akoorde, alles in as
Is ‘n lied sonder akoorde, alles in as

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Neil Somers

Autres artistes de Folk rock