Liefde uit die Suide

Die gras was blink van die oggend dou
Ons het skimme gesien in die wolke blou
Vir mekaar gefluister en diep geluister

Liefde gemaak met my hart op my mou
Memories gebou wat vir altyd sal hou
Ons drome uitgeleef en aan liefde vas geklou

Jy't my wêreld opgevou en gehou by jou
Jy is my begin en my einde
Jy’s my liefde uit die suide
My verlore siel wat pas by my

Gevoelens en emosie getoets deur tyd
Stadig vat by die venster uit gesmyt
Soos ‘n rollercoaster gekom vir jou

Ek weet jy is myne nou en more
Styf gedans tot die oggend ure
Met my hart en siel en lyf sal ek jou vashou

Jy't my wêreld opgevou en gehou by jou
Jy is my begin en my einde
Jy’s my liefde uit die suide
My verlore siel wat pas by my

As jy my hart se ritme nie kan hoor nie
Lê dan nader aan my hartklop soos jy moet
Ons maak magic so bitter soet

Jy't my wêreld opgevou en gehou by jou
Jy is my begin en my einde
Jy’s my liefde uit die suide
My verlore siel wat pas by my
My verlore siel wat pas by my

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Neil Somers

Autres artistes de Folk rock