In Daardie Dae

Ek sou nog my tenk kon vol maak met 'n tien rand noot of twee
Straight 6 druk onder die bonnet om 'n bietjie meer te gee
Elke dag vir jou kom kuier daar by Kerkstraat 163
Maar vandag kan my GPS nie daai straat kry nie

In daardie dae gekuier in die Noord Transvaal
Met R6.50 in my petrol tenk kon ek jou kom haal
In daardie dae toe water nog in krane was
Dis lank gelede maar in dié verlede het ons mooi gepas

Volkskas Bank, denim kaarte, alles met 'n tjek betaal
Ek moes wag tot na die Kerk diens voordat ek my das afhaal
Familie om die Sondagtafel, soet patats met rys en vleis
Geen gejaag nie, als was rustig, nou is dit net take-a-ways

In daardie dae gekuier in die Noord Transvaal
Met R6.50 in my petrol tenk kon ek jou kom haal
In daardie dae toe Datsun bakkies oral was
Dis lank gelede maar in dié verlede het ons mooi gepas

Briewe moes 'n paar dae sukkel voor dit by jou uit kon kom
Vandag tik almal net 'n email of plak dit op 'n Facebook wall
As ek na jou stem wil luister soek ek na 'n tiekieboks
Daai tyd was my Bronx die coolste maar vandag dra almal Crocs

In daardie dae gekuier in die Noord Transvaal
Met R6.50 in my petrol tenk kon ek jou kom haal
In daardie dae toe Riaan nog op TV was
Dis lank gelede maar in dié verlede het ons mooi gepas

In daardie dae gekuier in die Noord Transvaal
Met R6.50 in my petrol tenk kon ek jou kom haal
In daardie dae toe Naas nog my hero was
Dis lank gelede maar in dié verlede
Dis lank gelede maar in dié verlede
Dis lank gelede maar in dié verlede het ons mooi gepas

Curiosités sur la chanson In Daardie Dae de Ricus Nel

Quand la chanson “In Daardie Dae” a-t-elle été lancée par Ricus Nel?
La chanson In Daardie Dae a été lancée en 2013, sur l’album “Sout Van Die Aarde”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Ricus Nel

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)