Die Lewe Sonder Jou

Die liefde kom en gaan verby
Net soos die golwe op die see
Sal ons die liefde ooit verstaan
Wat heimwee en verlange gee?

Die liefde gaan te gou verby
Nog voor ons harte kan verstaan
Jy is vir ewig weg van my
Alleen moet ek nou verder gaan

Maar die lewe sonder jou, dis eensaam en so alleen
En ek dink nog aan jou en wonder waar is jy heen?
Wie sal ooit kan verstaan hoe verlange my hart laat ly?
In die lewe sonder jou is daar nooit weer ‘n liefde vir my

Ek hoor die suid wind oor die see
Wat van verlore liefde sing
Dit bring vir my vertroosting mee
Van bittersoet herinnering

Net soos ‘n seemeeu dartlend draai
En golwe ewig wieg en duin
Net soos die seewind mistig waai
Het al ons liefde nou verdwyn

Maar die lewe sonder jou, dis eensaam en so alleen
En ek dink nog aan jou en wonder waar is jy heen?
Wie sal ooit kan verstaan hoe verlange my hart laat ly?
In die lewe sonder jou is daar nooit weer ‘n liefde vir my

Wie sal ooit kan verstaan hoe verlange my hart laat ly?
In die lewe sonder jou is daar nooit weer ‘n liefde vir my

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Rina Hugo

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)