Dis Altyd Dieselfde Ou Storie

Ons stryery kry nooit ooit klaar nie
Ons praat maar nie juis met mekaar nie
Jy moet teen dié tyd weet ek hoor nie
Dis altyd dieselfde ou storie

En oor en oor net soos tevore
Hoor ek die stem maar nie die woorde
Ons praat gelyk maar niemand hoor nie
Dis altyd dieselfde ou storie

Die tyd gaan so met stamp en stoot verby
En ons het mooi die helfte om gestry
Ons weet nog steeds nie wie verloor nie
Dis altyd dieselfde ou storie

En oor en oor net soos tevore
Hoor ek die stem maar nie die woorde
Ons praat gelyk maar niemand hoor nie
Dis altyd dieselfde ou storie

En tog kon dit so anders gewees het
As ons mekaar net reg gelees het
Dis goed om ook maar soms te luister
Jou woord soms sag maak te fluister
Dis goed om ook maar soms te luister
Jou woord soms sag maak te fluister

En oor en oor net soos tevore
Hoor ek die stem maar nie die woorde
Ons praat gelyk maar niemand hoor nie
Dis altyd dieselfde ou storie
Dis altyd dieselfde ou storie

Curiosités sur la chanson Dis Altyd Dieselfde Ou Storie de Rina Hugo

Quand la chanson “Dis Altyd Dieselfde Ou Storie” a-t-elle été lancée par Rina Hugo?
La chanson Dis Altyd Dieselfde Ou Storie a été lancée en 2009, sur l’album “J'taime On Amour”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Rina Hugo

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)