Ek Mis Jou Elke Dag 'n Bietjie Meer

Van vroeg aand al skyn die hawe se ligte, hul knipoog en dans oor die kaai
Die aandwind waai koud, daar is reën in die lug, en ek voel hoe die sproei teen my waai
Dis so ‘n eensame pad
Die afskeid lê swaar in my hart

Ek mis jou elke dag ‘n bietjie meer
Die dae wat vreugde was is nou net seer
Elke dag word 'n weer probeer
Of is alles verby, ek mis jou elke dag ‘n bietjie meer

In middernag ure by gister se vure dink ek sonder jou oor wat was
In oggend se koeltes vra ek wat die doel is en kyk teen ons ou fotos vas
Dis so ‘n eensame pad
Die afskeid lê koud in my hart

Ek mis jou elke dag ‘n bietjie meer
Die dae wat vreugde was is nou net seer
Elke dag word 'n weer probeer
Of is alles verby, ek mis jou elke dag ‘n bietjie meer

Ek dwaal tussen mense maar voel net hoe eensaam ek is
Ek mis jou, ek soek jou, ek wil weer hier teen jou kom rus

Ek mis jou elke dag ‘n bietjie meer
Die dae wat vreugde was is nou net seer
Elke dag word 'n weer probeer
Of is alles verby, ek mis jou elke dag ‘n bietjie meer

Ek mis jou elke dag ‘n bietjie meer
Die dae wat vreugde was is nou net seer
Elke dag word 'n weer probeer
Of is alles verby
Ek mis jou elke dag ‘n bietjie meer

Curiosités sur la chanson Ek Mis Jou Elke Dag 'n Bietjie Meer de Rina Hugo

Quand la chanson “Ek Mis Jou Elke Dag 'n Bietjie Meer” a-t-elle été lancée par Rina Hugo?
La chanson Ek Mis Jou Elke Dag 'n Bietjie Meer a été lancée en 2010, sur l’album “My Treffers”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Rina Hugo

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)