Groen Keurspel

O ryperd, ons ry die pad tesame
O ryperd, so deur die lewensbane
Wanneer jou rydag oor is
Gaan jou ou lyf lekker rus
Jy, ou ryperd van my

Jippie jippie jip
Jippie jippie jip, ou perd
Daar is voer en rus en jy doen jou bes, ou perd

Dra my oor die rivier se brug
Dra my op jou lekker ou rug
Na my nooi Sannie, die dogter van Tant Annie op die plaas

Boesmanland vat my hand
Lei my oor die rand se kant
As jy vir my kan sê waar die Boesmanland lê
Boesmanland vat my hand

Boesmanland vat my hand
Lei my oor die rand se kant
As jy vir my kan sê waar die Boesmanland lê
Boesmanland vat my hand

Shosholoza (Shosholoza)
Ku lezontaba
Stimela sipum'e Suid Afrika

Wen'uyabaleka (Wen'uyabaleka)
Ku lezontaba
Stimela siphum'e Suid Afrika

Ararioh ska-rumba, ararioh ska-rumba
Ararioh ska-rumba didi jooi jooi ska-rumba
Hier kom ons weer ska-rumba
Hier deur die deur ska-rumba
Met die bok kom weer ska-rumba didi jooi jooi ska-rumba

Klein bietjie wyn, klein bietjie wyn, klein bietjie wyn vir my
Klein bietjie wyn vir my
Klein bietjie wyn vir my
Klein bietjie wyn, klein bietjie wyn, klein bietjie wyn vir my
Klein bietjie wyn vir my, en ook vir jou

Want ons is pas getroud, jou voete kielie myne
Pas getroud, skurwe voete myne
Pas getroud, die beste medisyne is lekker lepel lê

Want ons is pas getroud, jou voete kielie myne
Pas getroud, skurwe voete myne
Pas getroud, die beste medisyne is lekker lepel lê

Ek het 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen en 'n trekker wat se tyres lek
Vir alles wat ek aan jou gedoen het kom jy by my intrek
Ek het 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen en 'n plaas wat ek afbetaal
Vir alles wat ek aan jou gedoen het kom jy om my te haal

En ek sê Sproeitjies
Liefling
Daar's 'n reënboog in jou oë
Wil jy graag 'n groot geheim hoor?
Almal wil graag soos jy wees

Want jy's pragtig
Liefling
En sy druk saggies my hand
En sê ek wens ek kon my deur jou oë sien

Soos bloed, so is jy vir my
Soos wyn, so ken jy vir my
Soos asem, vloei jy dwarsdeur my
Soos tyd, so vlieg als verby

Ek vra jou bly
By my
Tot die paaie voor my opraak en die wolke oor my leegraak verby

O, ek wil huis toe gaan, na Mamma toe
Die rivier is vol, my trane rol
'n Bokkie wat vanaand by my wil lê
Sy kan maar lê, ek is 'n loslappie

O, ek wil huistoe gaan, na Mamma toe
Die rivier is vol, my trane rol
'n Bokkie wat vanaand by my wil lê
Sy kan maar lê, ek is 'n loslappie

Suikerbos ek wil jou
Suikerbos ek wil jou
Suikerbos ek wil jou
Wat sal jou mamma daarvan sê?

Dan loop ons so onder deur die disco-ligte
Dan loop ons so onder deur die disco-lig
Dan loop ons so onder deur die maan
Ek en my suikerbossie
Ek en my suikerbossie
Ek en my suikerbossie
Saam

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Rina Hugo

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)