Kersfeeslied

Daar buite sing geen kore en ek sien geen sneeu wat val
Daar was nie tyd vir Kersfees groete stuur
En die vreugde van gesin wees is ook nie hier van jaar
Want die tafel voor die vuur is net vir twee

Maar dis Kersfees tyd, nog 'n jaar
En 'n tyd van gee vir mekaar
Wat ek vir jou gee lyk dalk gering
Maar dis liefde wat ek vir jou wil bring

Hierdie Kersfees wil die eng'lekore vir ons sê
Wys die wêreld harte waarin vrede lê
Mag my wense jou dan lei
Na die ruimtes waar liefde bly

Verder as die wêreld met sy hartseer en sy pyn
Verder as die neon en die skyn
Is 'n ster wat helder op ons lig, ons hart en voetstap rig
Ons vind hoop en koers en rigting elke dag

Want dis Kersfees tyd, nog 'n jaar
En 'n tyd van gee vir mekaar
Wat ek vir jou gee lyk dalk gering
Maar dis liefde wat ek vir jou wil bring

Hierdie Kersfees wil die eng'lekore vir ons sê
Wys die wêreld harte waarin vrede lê
Mag my wense jou dan lei
Na die ruimtes waar liefde bly

Hierdie Kersfees wil die eng'lekore vir ons sê
Wys die wêreld harte waarin vrede lê
Mag my wense jou dan lei
Na die ruimtes waar
Na die plek waar liefde bly

Curiosités sur la chanson Kersfeeslied de Rina Hugo

Quand la chanson “Kersfeeslied” a-t-elle été lancée par Rina Hugo?
La chanson Kersfeeslied a été lancée en 2009, sur l’album “Jerusalem”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Rina Hugo

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)