Kom Kyk, Aanskou Ons Land
Kom kyk, kom kyk, aanskou ons land
Kom kyk hoe heel die wêreld jubel
'n Kind, 'n Kind vir ons gegee
Sodat Sy vrede ons laat saam sing
Hoe leer ons nie van hierdie Kind?
Hoe het Sy liefde ons gevind?
Omvou genade elke hart
Wat uitreik na Sy groot vergifnis
Dan sing ons halle, halle, halle
Halle, halle, halleluja
Dan sing ons halle, halle, halle
Halle, halle, halleluja
Lei my, o lei my elke dag
Leer U my van 'n groter liefde
Maak U die pyn van elke mens
'n Vreugde sonder aardse grense
Om net genoeg te hê vandag
Daar's niks waarna ek nog wil streef
Om net vandag U kind te wees
En nooit weer sonder U te leef nie
Dan sing ons halle, halle, halle
Halle, halle, halleluja
Dan sing ons halle, halle, halle
Halle, halle, halleluja
En aan die einde van my dag
Wil ek in vrede aan die slaap raak
Die son se hitte het verdwyn
Maar ek voel hoe U my steeds aanraak
Kan ons nie meer U roepstem hoor?
Het aard se glans ons so bekoor?
Of het ons hart dof daardie lig?
Die lig van krip en kruis en lewe
Dan sing ons halle, halle, halle
Halle, halle, halleluja
Dan sing ons halle, halle, halle
Halle, halle, halleluja
Halleluja, halleluja, hallelujah
Halleluja, halleluja, amen
Halle, halle, halle
Halle, halle, halleluja
Dan sing ons halle, halle, halle
Halle, halle, halleluja (Hallelu, halleluja)
Halleluja