Op die pad na Nooitgedacht

Koos du Plessis

Op n donker aand diep in Juliemaand,
Op die pad na Nooitgedacht
Waar drie rotes staan teen die sekelmaan
Het ek lank gewag die nag
Het ek lank gewag die nag

Want n skurk van ouds het n sak vol goud
Daar begrawe langs die pad
En elke donker aand met die sekelmaan
Kom hy terug en soek sy skat
Kom hy terug en soek sy skat

In die verte hoor ek vier hoewe
Soos n hartpols diep in die nag
Dis of die duiwel hom jag
Want die maan sit al lag
Op die pad na Nooitgedacht

Dis of die duiwel hom jag
Want die maan sit al lag
Op die pad na Nooitgedacht
By die sppklippe naby Nooitgedacht
So't die mense my vertel
Kan geen man dit waag op n donker nag
Hy begeef hom in die hel
Hy begeef hom in die hel

Maar ek het vasgestaan en gese ek gaan
Man alleen een donker nag
Ek het myself gestaal en my perd laat haal
Maar ek het so iets nooit verwag
Ek het so iets nooit verwag

Want die vuurvonke spat uit sy hoewe
En tien vlamtonge speel in die nag
En die ruiter le plat,
Want sy perd ken diepad
Na die skat van Nooitgedacht

Ek het te veel gesienek ek dog miskien
Is die beste plek die huis
Want ek ken gevaar, maar ek trap onklaar
En ek wens ek was al tuis
En ek wens ek was al tuis

Maar die huis is ver en die morester
Hang spookagtig oor die veld
Dis geen plek vir my, ek wil liewer ry
Gee die kerel maar sy geld
Gee die kerel maar sy geld

Maar die hoefslae dreun in my ore
En n skim skiet stil uit sy saal
En die vuurvonke spat soos hygrou langs die pad
Want hy kom om sy skate te haal

Maar die burgers gun hom geen rus nie
Soos n veldbrand kom hulle aan
En die mauser vuur dreun en die looddruppels reen
En ek dog die einde breuk aan

Maar twee kole gloei in sy oe
Met een haal is hy weer in die saal
En sy perd pleog die lug
In sy ylingse vlug
Want hy weet die dood komhom haal
En sy perd ploeg die lug
In sy ylingse vlug
Want hy weet die dood kom hom haal
Want hy weet die dood kom hom haal

Op n donker aan diep in Juliemaand
Op die pad na Nooitgedacht
Waar drie rotes staan teen die sekelmaan
Het ek lank bly le die nag
Het ek lank bly le die nag

En ek weet geeneen sal my glo nie
Dit klink alles so gek in die dag
Maar wees elkeen wat lag
Een maal daar in die nag
Op die pad na Nooitgedacht

Maar wees elkeen wat lag
Een maal daar in die nag
Op die pad na Nooitgedacht

Curiosités sur la chanson Op die pad na Nooitgedacht de Theuns Jordaan

Qui a composé la chanson “Op die pad na Nooitgedacht” de Theuns Jordaan?
La chanson “Op die pad na Nooitgedacht” de Theuns Jordaan a été composée par Koos du Plessis.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Theuns Jordaan

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)