Roeper Van My Hart
As die vlaktes om jou stil raak
Jou hart begin te pyn
Sal jy saam met my wegloop?
Saam met my
Verdwyn?
Sal jy omdraai in die na-nag?
In stilte vir die dag wag?
Wonder in my oë kry?
Wegbly
As jy seerkry?
Wie sal jou vas hou?
Wie sal jou toemaak?
Wie sal jou troos?
As jou trane opraak
Wie sal jou vashou?
Wie sal jou toedraai?
Wie sal jou bêre?
As jy wil gaan slaap
Hoorder van my roepstem
Roeper van my hart
Vir jou stap ek die pad
Vir jou
Spaar ek my hart
As die stad jou binne koud maak
Die krag in jou wil opraak
As die vlae van verlange
Vuurig deur jou waai
Sal jy wens ek sien jou een dag?
Saam wees op 'n reëndag
'n Sonder ophou Sondag
'n 24–uur dag
Wie sal jou vas hou?
Wie sal jou toemaak?
Wie sal jou troos ?
As jou trane opraak?
Wie sal jou vas hou?
Wie sal jou toedraai?
Wie sal jou bêre?
As jy wil gaan slaap
Hoorder van my roepstem
Roeper van my hart
Vir jou stap ek die pad
Vir jou
Spaar ek my hart
En as jy val
Sal ek jou kom optel
As jy verdwaal
Sal ek jou kom haal
As jy jou pad sou verloor
Sal ek jou opspoor
Ek sal jou dra
Wie sal jou vas hou?
Wie sal jou toemaak?
Wie sal jou troos?
As jou trane opraak
Wie sal jou vas hou?
Wie sal jou toedraai?
Wie sal jou bêre?
As jy wil gaan slaap
Hoorder van my roepstem
Roeper van my hart
Vir jou stap ek die pad
Vir jou
Spaar ek my hart
Hoorder van my roepstem
Roeper
Van my hart
Vir jou stap ek die pad
Vir jou
Spaar ek my hart