Skielik is jy vry
As niemand van jou hoor nie
As niemand van jou weet nie
Kan jy tog niks verloor nie
Kan niemand jou vergeet nie
As niemand jou bemin nie
As niemand jou ooit raak nie
Kan niemand trou versin nie
Kan niemand jou versaak nie
Dis tog so eenvoudig
Dis jy alleenlik jy
En die groter sorge
Gaan vanself verby
Niks om te verhaal nie
Net die vrede bly
Niks om te betaal nie
En skielik is jy vry
As jy op niemand leun nie
En niks van iemand vra nie
Hoef niemand jou te steun nie
Hoef niemand joute dra nie
Dis tog so eenvoudig
Dis jy, alleenlik jy,
En die groter sorge
Gaan vanself verby
Niks om te verhaal nie
Net die vrede bly
Biks om te betaal nie
En skielik is jy vry