Emily
Sy's 'n heldersiende blommekind
Wat sterre uit die night sky pluk
En dan met Prestick vasplak
Teen haar kamer se plafon
En sy neurie soms die nagte om
Sy sou hardop sing as sy kon
Maar die bure is onvriendelik
In daai ure voor die son op kom
Emily, Emily
As jy weer 'n engel sien, bel vir my
Al is dit laat in die aand
Emily, Emily
As jy weer 'n engel sien, bel vir my
Want dis net ek wat jou verstaan
Emily
En na haar tweede bottel wyn
Huil sy soms oor Johnny K
En al daai mooi akkoorde
Begrawe in die grond
Sy lê heel nag en wakker droom
Oor die woorde wat ons nog moes hoor
Uit die pen van die profete
Uit die digter se eie mond
Emily, Emily
As jy weer 'n engel sien, bel vir my
Al is dit laat in die aand
Emily, Emily
As jy weer 'n engel sien, bel vir my
Want dis net ek wat jou verstaan
Emily
En soms vra sy my om saam te loop
As sy haar paintings gaan verkoop
Maar die meeste van daar
Moet ons alles weer huis toe dra
En wanneer sy self sê sy's hoeierd
Is sy nader aan reg as aan verkeerd
Maar Emily is kosbaar
Want sy's skatryk in haar hart
Emily, Emily
As jy weer 'n engel sien, bel vir my
Al is dit laat in die aand
Emily, Emily
As jy weer 'n engel sien, bel vir my
Want dis net ek wat jou verstaan
Emily, Emily
As jy weer 'n engel sien, bel vir my
Al is dit laat in die aand
Emily, Emily
As jy weer 'n engel sien, bel vir my
Want dis net ek wat jou verstaan
Emily