Goodbye Kelly

Goodbye Kelly geniet die helfte van my goed
Ja met my diepsee boot en my motorfiets en die view van die strandhuis se stoep
Goodbye Kelly en daai blêrrie prokureur
Ja met my jetski en Nintendo Wii en 'n bakkie wat aan die bank behoort
Goodbye Kelly

Sy't van die eerste dag net by die huis wou sit
Haar naels gedoen en haar neusie gewip
En ek het nooit eens haar bikini wax gesien nie

Sy't my kredietkaart gevat en skoene loop koop
Haar ma genooi na ons wittebrood
En vir dominee belowe ek sal dié week ophou rook

Sy't haar neusie laat doen en haar magie verplat
Sy’t met Botox lippies die pad gevat
En al wat ek oor het is 'n troufoto van my haar en haar ma

Goodbye Kelly geniet die helfte van my goed
Ja met my diepsee boot en my motorfiets en die view van die strandhuis se stoep
Goodbye Kelly en daai blêrrie prokureur (Goodbye Kelly)
Ja met my jetski en Nintendo Wii en 'n bakkie wat aan die bank behoort
Goodbye Kelly

Sy't haar gesig gemake-up tot dit spierwit was
Haar leuens gepolish tot dit globaar was
En natuurlik was dit net Gucci wat die mooiste was

O sy't loop tennis speel by die buiteclub
Daar het bloed geloop tot haar instructor kla
Want Kelly kon na 'n jaar nog geen tennis speel nie

Goodbye Kelly geniet die helfte van my goed
Ja met my diepsee boot en my motorfiets en die view van die strandhuis se stoep
Goodbye Kelly en daai blêrrie prokureur (Goodbye Kelly)
Ja met my jetski en Nintendo Wii en 'n bakkie wat aan die bank behoort
Goodbye Kelly

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Adam Tas

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)