Lappieskombers
Jy verlam my met jou kyke jou woorde en jou reuke
Wat ruik soos lente bloeisels wat weer na die Boland kom
En ek plant jou in die Namib ek ly jou nat met soetwyn
Dan kyk ek dat jy opkom in die glim van die more son
En ek bind jou vas in spierwit en wolke wat hier laag sit
Om jou vir altyd veilig in 'n donskombers te hou
Want jy's die sout wat keer dat ek sleg raak
Ja jy's die sif wat keer dat ek wegraak
Ja jy's die hande wat bind
Jy's die gom waarin ek vas sit
Jy's my lappieskombers in 'n koue wintersnag
Ja jy's my lappieskombers in 'n koue wintersnag
Jy's my eerste potjie koffie my laaste sigaret
Jy’s die droom waaraan ek vasklou as ek niks meer hier oor het
Jy's my storm in Augustus my kwaaddoen se vergifnis
Die engel wat my oppas as niemand by my wil staan
Jy's die laatmiddag son wat nes skrop in my skoot
Jy's die laaste mens wat ek wil sien op die dag van my dood