Plaas genaamd Afrika

Tussen hierdie baksteen mure
Het ons woorde opgedroog
En ons laaste beker moerkoffie
Staan en koud word op die stoof

En ek hoor die ou geluide
As die sinkdak met die plankvloer praat
En die huis wat ons hart se lêplek was
Moet ons nou agterlaat

En kom sit hier op my skoot my seun
Daar’s winter in my baard
Dan vertel ek jou ‘n storie
Van ‘n plaas genaamd Afrika

Daar’s juweel groen water gate
En ‘n bosbok teen die hang
En eendag as jy groot is
Sal jy weet hoekom ek so verlang

Hierdie land was gemaak
Met blase bloed en sweet
En ek was nie altyd daar nie
Maar die tyd het my geleer

Dat as jy ploeg sal jy oes
My siel in hierdie grond vergeet
En as die boorde in die wind buig
Sal my hart my huis toe sleep

En kom sit hier op my skoot my seun
Daar’s winter in my baard
Dan vertel ek jou ‘n storie
Van ‘n plaas genaamd Afrika

Daar’s juweel groen water gate
En ‘n bosbok teen die hang
En eendag as jy groot is
Sal jy weet hoekom ek so verlang

En as die donker wolke saampak
Dan vra ek dat dit sag sal reën
Oor die hange van die mooi vallei
En dat God sy mense seën

O kom sit hier op my skoot my seun
Daar’s trane in my baard
Dan vertel ek jou die waarheid
Oor ons land Suid-Afrika

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Adam Tas

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)