Song Vir Ma

Ek balsem jou met heuning en kaneel
Daar’s laventel in jou hare en die silwer van jou jare
Wat daar doer op die hoop randjies speel

Die nyalas wei nog daar teen jou kamer
Hulle ken ook daai plek waar jy nou rus
Kyk maar mooi jy sal hul spoortjies daar kry

Ons maak jou kruiwa vol daisies as die lente weer kom
Dan huil ons hulle nat met ons trane totdat hulle weer blom (Ma kom bêre vir jou)

Hier by Totius o by Opperman en Eugene Marais
Tussen die digters se woorde en my laaste akkoorde
Want jy’s nou in die hemel en hierdie song is net vir jou
Ek lê jou neer tussen Opperman en Eugene Marais

Ek ruik nog die skaapboud daar in jou kombuis
Jou kondensmelk mosterd was my gunstelling
Jy’t my geleer van die Here en saam het ons Neil Diamond gesing

Ons maak jou kruiwa vol daisies as die lente weer kom
Dan huil ons hulle nat met ons trane totdat hulle weer blom (Ma kom lê jou neer hier by die digters)

Hier by Totius o by Opperman en Eugene Marais
Tussen die digters se woorde en my laaste akkoorde
Want jy’s nou in die hemel en hierdie song is net vir jou
Ek lê jou neer tussen Opperman en Eugene Marais

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Adam Tas

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)