Swerwer

Hulle sê jy was ‘n vlakte kind die winters haal die somers in
‘n Tolbos tango teen die wind met ‘n stofstreep aan hom vasgebind
Volg die droë rivier se loop oor die karkas van die Karoo
Die wiele wat jou padlangs draai sal jou horison vir genade vra

As jy terugkom swerwer
As jy terugkom
Tot jy terugkom swerwer
Tot jy terugkom

En bring vir my die see saam in ‘n Consol canned fruit vles
En ‘n koffieblik woestyn sand van duin 7 in Suidwes
Neem ‘n swart en wit kiekie as jy stop by Slagtersnek
En skop ‘n slag jou stewels uit want dis heilig op hierdie plek

As jy terugkom swerwer
As jy terugkom
Tot jy terugkom swerwer
Tot jy terugkom

En fluister die wind ‘n storie in wat hy jou moes vertel
Oor die Swartberge se nek tot daar onder in die hel
Laat eggo jou gebede teen die kranse van die Baviaans
Waar die riewe rots wande terugpraat in die mooiste Afrikaans

As jy terugkom swerwer
As jy terugkom
Tot jy terugkom swerwer
Tot jy terugkom

As jy terugkom swerwer
Tot jy terugkom

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Adam Tas

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)