Druppel In Die See

Rudi Claase

Dis alles in jou hande
En môre lê en wag
Dis alles net genade
Die son in elke dag

Ek wens vir jou net liefde
Vergeet van al die seer
Want weg is al die nag
‘n Nuwe droom wat wag
Die pyn leef nie meer

Dis net ‘n druppel in die see
Sien die nuwe dag en wat dit vir jou kan gee
Dat die waters van rus oor jou hart vloei
Want die pyn leef nie meer

Dis lente gister is verby
In die sonlig is dit net ek en jy
En al die hartseer is nie meer
Sê die woorde nooit weer
Dis net ‘n druppel in die see

Ek leer uit my verlede
Wat regtig waarheid is
Die grys in my gedagtes
Is lankal uitgewis

Begin dan nou van voor af
Om in jou droom te glo
Dis nooit vir jou te laat
Om met jou hart te praat
Al het jy seer gehad

Dis net ‘n druppel in die see
Sien die nuwe dag en wat dit vir jou kan gee
Dat die waters van rus oor jou hart vloei
Want die pyn leef nie meer

Dis lente gister is verby
In die sonlig is dit net ek en jy
En al die hartseer is nie meer
Sê die woorde nooit weer
Dis net ‘n druppel in die see

Hoor die stem van liefde wat jou roep vandag
Wees die ware jy, daars niks om voor te wag

Dis net ‘n druppel in die see
Sien die nuwe dag en wat dit vir jou kan gee
Dat die waters van rus oor jou hart vloei
Want die pyn leef nie meer

Dis lente gister is verby
In die sonlig is dit net ek en jy
En al die hartseer is nie meer
Sê die woorde nooit weer
Dis net ‘n druppel in die see

En al die hartseer is nie meer
Sê die woorde nooit weer
Dis net ‘n druppel in die see

Curiosités sur la chanson Druppel In Die See de Andriette

Quand la chanson “Druppel In Die See” a-t-elle été lancée par Andriette?
La chanson Druppel In Die See a été lancée en 2020, sur l’album “Hartsland”.
Qui a composé la chanson “Druppel In Die See” de Andriette?
La chanson “Druppel In Die See” de Andriette a été composée par Rudi Claase.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Andriette

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)