Dans Vir 'n Dromer

ANNELI VAN ROOYEN, P KARTNER

Kleintyd spore lê steeds in die huis van my hart
Elke gang elke hoekie reeds deurkruis
Skatkis van soveel dae se antwoord en vrae
In my kleintyd kasteel is ek tuis

Dans vir ‘n dromer wysies en wolke
Son en ballonne vir dae se onthou
Dans vir ‘n dromer herinnerings van gister
Wals vir ‘n more op liefde gebou

Deur die legkaart van tyd het die bakens bly staan
Ankers waarheen ek nog terug kan gaan
In die hawe van my hart kan ek seile leer span
Om my weg deur die lewe te plan

Dans vir ‘n dromer wysies en wolke
Son en ballonne vir dae se onthou
Dans vir ‘n dromer herinnerings van gister
Wals vir ‘n more op liefde gebou

Met ‘n deuntjie wat draai en herhaal keer op keer
Klink ‘n boodskap deur die jare tot by my
Is ons drome lanterns wat rigting kan gee?
Op die paaie wat voorentoe lei

Dans vir ‘n dromer wysies en wolke
Son en ballonne vir dae se onthou
Dans vir ‘n dromer herinnerings van gister
Wals vir ‘n more op liefde gebou
Wals vir ‘n more op liefde gebou

Curiosités sur la chanson Dans Vir 'n Dromer de Anneli Van Rooyen

Qui a composé la chanson “Dans Vir 'n Dromer” de Anneli Van Rooyen?
La chanson “Dans Vir 'n Dromer” de Anneli Van Rooyen a été composée par ANNELI VAN ROOYEN, P KARTNER.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Anneli Van Rooyen

Autres artistes de Afrikaans