Se Nou Net Ek Se Ja
Jy’s weer voor my deur en klop vir die hoeveelste keer
Lui die klok ek’s raadop met jou
En al hou ek van jou is dit net eens te veel
Min plek in my huis vir my die blom in die hoek staan ry vir ry
Ek’s allergies en nies word meer en meer vies
Maar voel nogtans gevlei
Ek moet verduidelik aan pa wat streng lyk die hoe’s die waar’s en die wat’s
Ongemaklike vrae jou skuld
Jy moet kom help gevolge dra
Want sê nou net ek sê ja
Sal jy alles verdra?
En as iets begin pla sal jy my nog wou vra
Om joune te wees?
Maar sê nou net ek sê ja
Sal my skoonma wou kla?
Jou tandepasta my pla jy my kos kan verdra
Sou ek sê ja sou ek sê ja
Jy’s ‘n hartedief beslis ek bevaar elke brief gewis
Wat gebeur met my hart agter grendels vervat
As jy tog die een is
Ek sit en droom plaas van werk
Ek wonder oor hoe’s oor waar’s en oor wat’s
Moeilike vrae jou skuld jy moet kom help gevolge dra
En sê nou net ek sê ja
Sal jy alles verdra?
En as iets begin pla sal jy my nog wou vra
Om joune te wees?
Maar sê nou net ek sê ja
Sal my skoonma wou kla?
Jou tandepasta my pla jy my kos kan verdra
Sou ek sê ja
Sê nou net ek sê ja
Sal jy alles verdra?
En as iets begin pla sal jy my nog wou vra?