Kerel In 'n Volksie
Soos elke oggend agt-uur
Wag ek vir die bus
Rustig ongesteurd
My lewe ongewonde
My hart ‘n ope boek
Rustig ongesteurd
‘n Kêrel in ‘n volksie
Ry by my verby
En my hart verlaat my
Word soos klei
Ag al my vrede spat in eens as skerwe
En net sy blik die bly my heeldag by
Ag dat die noodlot dit nou tog kon toelaat
Hoe kan ek immers hierdeur stry?
Ja al my vrede mis ek eens as skerwe
Selfs die voëltjies sal ek ook kaf lei
In lugkastele langs die vaal ou bestaan
Woon ons gelukkig ek en hy
Vir weke en vir maande
Ry hy voor my verby
Adonis van ‘n man
My hart klop woes vir ure
As hy na my toe kyk
Adonis van ‘n man
Ek droom net van sy oë
Maar myne voel soos lood
As hy dalk more wegbly
Gaan ek dood
Ag al my vrede mis reeds lank as skerwe
En net sy blik die bly my heeldag by
Ag dat die noodlot dit nou tog moes toelaat
Ek kon tog nimmer hierteen stry
Ja al my vrede mis reeds lank as skerwe
Selfs sy volksie is gelief vir my
In lugkastele langs die vaal ou busstop
Woon ons gelukkig ek en hy
Ag al my vrede mis reeds lank as skerwe
En net sy blik die bly my heeldag by
Ag dat die noodlot dit nou tog kon toelaat
Ek sou tog nimmer hierteen stry
Ja al my vrede is reeds lank as skerwe
Selfs sy volksie is gelief vir my
En toe hy eindelik eendag by my stilhou
Het ek verward aan bloos gebly
En tog vandag is al my drome waarheid
Ons ry ons volksie ek en hy