Klein Dingetjies

Dit gaan nie oor jou pa se wild op die plaas nie
Ook nie oor jou ma se kos wat my verbaas nie
Glad nie oor jou broer wat vir die Springbokke speel
Ek wil my hele hart met net jou deel

Dit gaan nie oor jou sussie wat na my vry nie
Ook nie oor jou oupa wat 'n Hummer ry nie
Glad nie oor jou ouma wat poker speel
Jy is die een, jy’t my hart gesteel

Dis 'n klein bietjie hier klein bietjie daar
Klein bietjie meer maak my kop so deur mekaar
Dis die klein dingetjies
Laat my weer onthou dat my hart behoort aan jou

Dis 'n klein bietjie op klein bietjie af
Klein bietjie lekker klein bietjie laf
Dis die klein dingetjies
Wat my verlief maak op jou

Dit gaan nie oor die lekker wyn op die plaas nie
Ook nie oor jou Porsche in die garage nie
Glad nie oor die yacht waarop jy seil
Dis die klein dingetjies sal jou vir niks veruil

Dit gaan nie oor vakansie daar in Dubai nie
Ook nie oor die Grieke se griekse slaai nie
Glad nie oor die partie by 'n ster se huis
Net by jou voel my hart so tuis

Dis 'n klein bietjie hier klein bietjie daar
Klein bietjie meer maak my kop so deur mekaar
Dis die klein dingetjies
Laat my weer onthou dat my hart behoort aan jou

Dis 'n klein bietjie op klein bietjie af
Klein bietjie lekker klein bietjie laf
Dis die klein dingetjies
Wat my verlief maak op jou

Dis hier by my lekker kry
Waar ons klein bietjie bietjie verlief kan raak
Voel jy my aan jou sy?
Wat jou klein bietjie bietjie verly

Dis 'n klein bietjie hier klein bietjie daar
Klein bietjie meer maak my kop so deur mekaar
Dis die klein dingetjies
Laat my weer onthou dat my hart behoort aan jou

Dis 'n klein bietjie hier klein bietjie daar
Klein bietjie meer maak my kop so deur mekaar
Dis die klein dingetjies
Laat my weer onthou dat my hart behoort aan jou

Dis 'n klein bietjie op klein bietjie af
Klein bietjie lekker klein bietjie laf
Dis die klein dingetjies
Wat my verlief maak op jou

Curiosités sur la chanson Klein Dingetjies de Arno Jordaan

Quand la chanson “Klein Dingetjies” a-t-elle été lancée par Arno Jordaan?
La chanson Klein Dingetjies a été lancée en 2010, sur l’album “Stukkie Van Jou Hart”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Arno Jordaan

Autres artistes de Afrikaans