Vensters Van My Hart
Agtervolg my waar ek gaan
Gedagtes dwaal om jou
Mis jy al ons tye saam?
Ek hoop jy sal onthou
Nou staan jy langs my
Die engel aan my sy
En ons begin weer
Die hartseer is verby
Donker aande so alleen
Nou so ver van my
Liefde wat hier langs my lê
Sal altyd by my bly
Nou staan jy langs my
Die engel aan my sy
En ons begin weer
Die hartseer is verby
Die vensters van my hart is oop vir jou
Wat kan ek doen om jou by my te hou?
Hoeveel keer het ek al gevra?
Dis die laaste keer vanaand sê net ja
Jy is altyd daar vir my
Ek sal by jou staan
Ek wil jou in my arms hou
Ons vir altyd saam
Nou staan jy langs my
Die engel aan my sy
En ons begin weer
Die hartseer is verby
Die vensters van my hart is oop vir jou
Wat kan ek doen om jou by my te hou?
Hoeveel keer het ek al gevra?
Dis die laaste keer vanaand sê net ja
Jy’s die een, die een wat ek wil hê
Sal jy vanaand by my kom lê?
Die vensters van my hart is oop vir jou
Wat kan ek doen om jou by my te hou?
Hoeveel keer het ek al gevra?
Dis die laaste keer vanaand sê net ja
Want dis die laaste keer vanaand sê net ja