Jan Skopgraaf
Mordecai Vermeulen
Werk sy hele lewe
Vir Skopgraaf Ondernemers
En sy vrou het hy verloor
Want sy kon dit net nie meer hou
Met die ewige swart klere
Ja klere, klere sal ons dra
So blink en mooi en fraai
Totdat Jan Skopgraaf ons kom haal
En toe Mordecai nog jonk was
Was hy baie gou beindruk
Deur die mag wat geld vir mense bring
En hul waansin en hul guurigheid
Wil hulle sommer die Koningkryk
Koop met geld van papier
Ja geld, geld laat die aarde draai
Die vlaktes van Transvaal
Staan die dokel paleise Babylon Katedraal
Die winter het gekom
Die veld staan leeg en vaal
Koud is die windjie en skraal
Mordecai en Jan Skopgraaf kom jou haal
Maar deesdae pla niks hom meer veel
Veral nadat hy sy eie neef
En die Predikant moes begrawe
Die rykste man op die dorp
En die weer profeet en wie weet
Dalk 'n moordenaar of twee
Een twee drie
Ja so stap ons aan
Maar almal in 'n enkel baan
Stadig opad, opad na die noorde
Mordecai en Jan Skopgraaf kom jou haal
Mordecai en Jan Skopgraaf kom jou haal