Vandat Jy Weg Is

Die winters hou langer vandat jy weg is
Jou tuin is nog mooi
Maar daar's minder blomme

Vandat jy weg is
Ek en die weeskind het baie verdwaal
Vandat jy weg is

As jy moet lewe in 'n wêreld sonder liefde
Dan sal jy selfs by die draak gaan lê
Want jy soek die son, warm, goue liefde
Nou bly dit net winter
Vandat jy weg is

Jou dogters word groot en mooi en slim
Maar dis moeilik vandat jy weg is
Ek was by die wit paleis
Vandat jy weg is
En in Londen ook en toe onthou ek jy was baie daar

As jy moet lewe in 'n wêreld sonder liefde
Dan sal jy selfs by die draak gaan lê
Want jy soek die son, warm goue liefde
Nou bly dit net winter
Vandat jy weg is
Vandat jy weg is

Die winters hou langer vandat jy weg is
Jou tuin is nog mooi
Maar daar's minder blomme
Vandat jy weg is
Vandat jy weg is
Vandat jy weg is

Curiosités sur la chanson Vandat Jy Weg Is de Piet Botha

Quand la chanson “Vandat Jy Weg Is” a-t-elle été lancée par Piet Botha?
La chanson Vandat Jy Weg Is a été lancée en 2001, sur l’album “Die Hits”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Piet Botha

Autres artistes de