Ou Leeu Blues
Swart kraai
Morsdood
In die pad
Dalk is dit die een
Wat my wou kom vat
Hoop jy't meer geluk
Volgende keer
Daai moet jou felisiteer
Want jy't baie hard, hard probeer
Ou leeu loop nou maar alleen
Want hy is uit gesmyt
Maar hy worry nie
Want hy loop ver
Hy loop wyd
Maar luister nou mooi my kind
Los hom liewers uit
Want hy's oud en hy's moerig
Los hom liewers uit
Swart slang
Ou leeu gevat
Daardie een
Daardie een
Almal ken sy naam
Was hel in oordrag daar in die Waterberg
Daar in die ou Transvaal
Dit my liewe vriende
Is die einde van hierdie verhaal