Die Land

Ek ken ‘n berg met sy voet in die see
Met stories van ons twee in sy skaduwee
‘n Hoëveldse venster gemaak sonder glas
Wat kyk oor die plekke waar ons kinders was

Ek ken ‘n geelhout versteek in ‘n woud
Sonder jou daar is dit donker en koud
Ek ken ‘n pad waar die sterre oor blink
Wat my aan jou laat dink

Ken jy die land? (Ken jy die land?)
Ken jy die somer see?
Ken jy my hart? (Ken jy my hart?)
Wil jy dit met my deel?

Ken jy die land? (Ken jy die land?)
Ken jy die somer see?
Wil jy dit met my deel?
Ken jy die land?

Ek ken ‘n pos wat die vlaktes deurkruis
Ek dink aan jou as die winde hier suis
Ek ken ‘n stad waar die stilte verdwaal
Sal jy my tussen sy torings kom haal?

Ek ken ‘n storm ver onder ‘n brug
Diep in sy klowe sien ek jou gesig
Ek ken soet heuwels wat strande ontmoet
Dis daar waar jy diep in my woed

Ken jy die land? (Ken jy die land?)
Ken jy die somer see?
Ken jy my hart? (Ken jy my hart?)
Wil jy dit met my deel?

Ken jy die land? (Ken jy die land?)
Ken jy die somer see?
Wil jy dit met my deel?
Ken jy die land?

Ek weet van twee oseane wat groet
Ek weet waar vlerke die hemel ontmoet
Ek weet van bome geanker in tyd
Ek weet van strande verlate en wyd

Ek weet waar jy soms die stilte hoor lag
Ek weet van golwe wat skyn in die nag
Doring sambrele myself in die see
Is al wat ek jou kan gee

Ken jy die land?
Ken jy die somer see?
Ken jy my hart? (Ken jy my hart?)
Wil jy dit met my deel?

Ken jy die land? (Ken jy die land?)
Ken jy die somer see?
Wil jy dit met my deel?
Ken jy die land? (Ken jy die land?)
Wil jy dit met my deel? (Ken jy die land?)
Oe ken jy die land?
Wil jy dit met my deel? (Ken jy die land?)
Oe ken jy die land?

Curiosités sur la chanson Die Land de Pieter Smith

Quand la chanson “Die Land” a-t-elle été lancée par Pieter Smith?
La chanson Die Land a été lancée en 2006, sur l’album “Die Land”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Pieter Smith

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)