Kimberley Se Spoke

Luister luister luister na die stemme wat hier fluister in die diep en donker ure van die nag
Luister luister luister as die horison verduister en die ritsel deur die blare vir jou lag
Sien jy hoe die wesens in die ewigheid verdwaal?
Rolbals op die sypaadjies wat blink onder die maan
Hoor jy hoe die stemme uit die ou verlede roep?
Vir altyd uit die vlees verlaat vir altyd maar op soek

Ry bietjie ry bietjie ry bietjie ry bietjie ry bietjie saam met my
Deur Kimberley se strate groet die spoke wat daar bly

Die ou Gariep se spoke hou ‘n middernag party

Daisy Daisy Daisy loop tog nooit ooit deur my huis nie want die hartseer en die stilte volg jou naam
Fluister fluister fluister en maak toe jou oë en luister hoe ou Rak snags in sy rystoel rond baljaar
Soms sien jy die meisie wat op Stockdalestraat verskyn
Moet haar nooit nie optel sy sal vinng weer verdwyn
Sien jy hoe soldate snags by Magersfontein dwaal?
Vir altyd in die ewigheid gevang onder die maan

Ry bietjie ry bietjie ry bietjie ry bietjie ry bietjie saam met my
Deur Kimberley se strate groet die spoke wat daar bly
Ry bietjie ry bietjie ry bietjie ry bietjie ry bietjie saam met my
Die ou Gariep se spoke hou ‘n middernag party

Sien jy hoe die wesens in die ewigheid verdwaal?
Rolbals op die sypaadjies wat blink onder die maan
Hoor jy hoe die stemme uit die ou verlede roep?
Vir altyd uit die vlees verlaat vir altyd maar op soek

Ry bietjie ry bietjie ry bietjie ry bietjie ry bietjie saam met my
Deur Kimberley se strate groet die spoke wat daar bly
Ry bietjie ry bietjie ry bietjie ry bietjie ry bietjie saam met my
Die ou Gariep se spoke hou ‘n middernag party

Ry bietjie ry bietjie ry bietjie ry bietjie ry bietjie saam met my
Deur Kimberley se strate groet die spoke wat daar bly
Ry bietjie ry bietjie ry bietjie ry bietjie ry bietjie saam met my
Die ou Gariep se spoke hou ‘n middernag party
Die ou Gariep se spoke hou ‘n middernag party
Die ou Gariep se spoke hou ‘n middernag party

Curiosités sur la chanson Kimberley Se Spoke de Pieter Smith

Quand la chanson “Kimberley Se Spoke” a-t-elle été lancée par Pieter Smith?
La chanson Kimberley Se Spoke a été lancée en 2006, sur l’album “Kimberley Se Spoke”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Pieter Smith

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)