Wilgerboom van Potchefstroom

Daar in Potchefstroom staan 'n mooi ou wilgerboom
Met twee name in sy stam daaruit gesny
Daar het ons ontmoet die ontmoeting was so soet
Ja daar het ons mekaar nie eers geken

Die wilger het gegroei en ons liefde het gebloei
Hoe dikwels het ons daar gesit en droom?
Name uitgesny en ons harte was so bly
By die wilgerboom daar in ou Potchefstroom

Die jare het gekom en die jare het gegaan
Maar net soos die wilger het ons liefde steeds bly staan

So nou en dan gaan ek en my vroutjie na die plek
Dis net soete-soet herinnerings of so
Dan sien ek weer my nooi is vandag nog net so mooi

Oe die jare het gekom en die jare het gegaan
Maar net soos die wilger het ons liefde steeds bly staan

So nou en dan gaan ek en my vroutjie na die plek
Dis net soete-soet herinnerings of so
Dan sien ek weer my nooi is vandag nog net so mooi
By die wilgerboom daar in ou Potchefstroom
By die wilgerboom daar in ou Potchefstroom

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Pieter Smith

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)