Een Uit 'n Miljoen

Ek ken jou naam al jare
Dit sal vir altyd by my bly
Die engel met die donker hare
In die skoolbank langsaan my

As ek die tyd kon terugdraai
Sou ek dit vir jou kon sê
Dan sou jy dalk vandag hier langs my lê

Jy’s een uit ‘n miljoen mooiste wat ek ken
Sê my wat kan ek doen om jou hart te wen?
Jy’s een uit ‘n miljoen die wêreld in jou oë
Dis al wat ek wil ken al wat ek wil glo
Jy’s een uit ‘n miljoen

Jy loop so deur die jare
Nog rond hier deur my kop
Ek onthou nog steeds daardie laaste dans
Wens daai liedjie wou nooit stop

As ek die tyd kon terugdraai
Daardie laaste dans kon kry
Was jy nog dalk vandag hier naby my

Jy’s een uit ‘n miljoen mooiste wat ek ken
Sê my wat kan ek doen om jou hart te wen?
Jy’s een uit ‘n miljoen die wêreld in jou oë
Dis al wat ek wil ken al wat ek wil glo
Jy’s een uit ‘n miljoen

As ek die tyd kon terugdraai
Sou ek dit vir jou kon sê
Dan sou jy dalk vandag hier langs my lê

Jy’s een uit ‘n miljoen mooiste wat ek ken
Sê my wat kan ek doen om jou hart te wen?
Jy’s een uit ‘n miljoen die wêreld in jou oë
Dis al wat ek wil ken al wat ek wil glo

Jy’s een uit ‘n miljoen mooiste wat ek ken
Sê my wat kan ek doen om jou hart te wen?
Jy’s een uit ‘n miljoen die wêreld in jou oë
Dis al wat ek wil ken al wat ek wil glo
Jy’s een uit ‘n miljoen (Een uit 'n miljoen)
Jy’s een uit ‘n miljoen (Mooise wat ek ken)
Jy’s een uit ‘n miljoen (Een uit 'n miljoen)
Jy’s een uit ‘n miljoen

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Pieter Smith

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)