Bietjie Bang

Sê vir my
Is jou beloftes net aan my
In een oogwink reeds verby

Sê vir my
Is dit al wat ek moet weet
Dat ek jou woorde moet vergeet

Kaalvoet Kentucky toe
My hare's nat maar jou vlerke vou my toe

As ek verlang
Is dit ok met jou as ek my morsdood verlang
En as jy moet weet
Sonder jou is ek steeds
'n Bietjie bang

Sê vir my
Het jy die fluister van my lyf
In een oomblik afgeskuif

Sê vir my
Is ek die einde van jou plan
Want die skemer maak my bang

In ons twee se donderweer
Was ek jou held
En jy my teddiebeer

As ek verlang
Is dit ok met jou as ek my morsdood verlang
En as jy moet weet
Sonder jou is ek steeds
'n Bietjie bang ('n Bietjie bang)

Kaalvoet Kentucky toe
My hare's nat maar jou vlerke vou my toe

As ek verlang
Is dit ok met jou as ek my morsdood verlang
En as jy moet weet
Sonder jou is ek steeds
'n Bietjie bang ('n Bietjie bang)

'n Bietjie bang ('n Bietjie bang)

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Steve Hofmeyr

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)