Die Sprokie

Jy vertel my van 'n land met sy legendes
En van sprokies wat deur dik en dun bestaan
Liefde wat te sterk was vir towenaar ellendes
Liefde wat ons weet nooit kan vergaan

Ek weet daar is niemand wat die wêreld weer kan wysmaak
Want daar's niemand wat sal glo wat ons twee het
Sonder helde sonder hemele waar wyse hekse waak
Het jy my met n prins se hart kom red

In al die fabels en verhale saam was daar nog nooit ‘n vreemdeling
Met liefde wat deur alles staan soos jy
Elke keer as die boek toeslaan fluit-fluit jou storie is uit
Wil ek weet of jy bestaan vir my
‘n Held vir my
‘n Held vir my

Daar's ‘n pyl en boog in al jou hart se woude
En jy skiet briefies oor my grys kasteel se muur
Buite staan jou goue koets wat heelnag deur die koue
Vlinders volg en dwergies laat bestuur

En jou swaard hang reg om reuse te verower
Want jy weet vir jou sal ek dieselfde doen
Wolwe wag om elke draai en dan is daar nog rowers
Vat my nou voor ander dit dalk doen

In al die fabels en verhale saam was daar nog nooit ‘n vreemdeling
Met liefde wat deur alles staan soos jy
Elke keer as die boek toeslaan fluit-fluit jou storie is uit
Wil ek weet of jy bestaan vir my
‘n Held vir my
‘n Held vir my

Al die fabels en verhale saam was daar nog nooit ‘n vreemdeling
Met liefde wat deur alles staan soos jy
En elke keer as die boek toeslaan fluit-fluit jou storie is uit
Wil ek weet of jy bestaan vir my

Al die fabels en verhale saam was daar nog nooit ‘n vreemdeling
Met liefde wat deur alles staan soos jy
En elke keer as die boek toeslaan fluit-fluit jou storie is uit
Wil ek weet of jy bestaan vir my (Bestaan vir my)
'n Held vir my
'n Held vir my

Curiosités sur la chanson Die Sprokie de Steve Hofmeyr

Sur quels albums la chanson “Die Sprokie” a-t-elle été lancée par Steve Hofmeyr?
Steve Hofmeyr a lancé la chanson sur les albums “Grootste Platinum Treffers” en 2006 et “Laaities & Ladies” en 2010.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Steve Hofmeyr

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)